Pad na oorwinning!

“Here, maak my 'n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my liefde saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.” -Franciskus van Assisi

 

"Lord, make me an instrument of Your peace. Where there is hatred, let me sow love; where there is injury, pardon; where there is doubt, faith; where there is despair, hope; where there is darkness, light; where there is sadness, joy.O, Divine Master, grant that I may not so much seek to be consoled as to console; to be understood as to understand; to be loved as to love; For it is in giving that we receive; it is in pardoning that we are pardoned; it is in dying that we are born again to eternal life." - Franciskus van Assisi


 

Goed... sleg?

Ek is nie hier om jou te oordeel waar jy nou is of waar jy al was nie. Ek is slegs hier om jou te motiveer in die regte rigting. Jy het die kaart, ek is net die lig wat op jou kaart skyn sodat jy beter kan lees. Uiteindelik gaan die son op kom in jou lewe en jy gaan nie meer my lig nodig hê om jou te help nie.

Ek is ‘n Pastorale Berader, gerigistreer met ‘Counsellor for Counsellors of South Africa’ (CCSA), wat ‘n privaat Praktyk het in Van Dyk Park. My missie is om jou as kliënt te help deur moeilike probleme met profesionele terapeutiese berading.

My missie in my Praktyk is om ‘n ondersteunende diens te lewer vir my kliënte wat deur emosionele druk, huweliks probleme en trauma ervaar. Ek het ‘n passie om jou te sien groei en streef vir jou sukses. Ek is ‘n kreatiewe persoon met baie teoretiese kennis wat ek gebruik om my kliënte produktief vorentoe te laat beweeg. Jy hoef nie alleen deur jou emosionele druk, huweliks probleme of trauma te gaan nie.

 

Via Nicolene

"Hy genees die wat gebroke is van hart,en Hy verbind hulle wonde." - Psalm 14:3

WIE IS EK

Ek is Nicolene Weber.
Ek het my beroep begin om ‘n positiewe verandering in my kliënte se lewens te bring. Ek het by Filadelfia Opleidings Sentrum gestudeer en my Bachelor of Arts in Theological Studies and Pastoral Counseling voltooi. Deur my studies het ek geleer dat elke persoon wat my kom sien kosbaar is vir God, en dat ek hulle moet beraad met Goddelike liefde. God het my geroep om as berader in te tree en ‘n verandering in mense se lewens te maak. Ek het ‘n passie om ‘n pad te loop met my kliënte en suksesvol aan die ander kant uit te kom.

DIENSTE

Hoekom moet ek berading kry?

Hierdie is die perfekte geleentheid om te gebruik vir jouself. Dit skep ‘n tyd vir jou om uitting te gee, wat jy vir so lank binne jou gebêre het en nooit uitting kon gee nie. Hier gaan jy ‘n veilige, geen oordeel, privaat omgewing vind waar jy jouself kan wees en net kan sê wat jy voel en wat op jou hart is.

Via Dolorosa Berading gaan nie oor wat jy al verkeerd gedoen het, of die foute wat jy al gemaak het nie. Dit gaan oor jou as persoon, en dat jy ‘n uitweg soek vir jou probleme. Jy het klaar die eerste stap geneem om na Via Dolorosa Berarding te kom vir hulp.

Hier werk God deur die berader om jou te help, terwyl jy voel jy kan nie meer alleen met jou probleme deel nie. Die berader is slegs ‘n instrument van God wat jou die regte leiding gee om jouself weer uit te leef.

Elke dag is ‘n dag waar jy gaan leer hoe om met jou dag tot dag takies deur te kom en ter selfde tyd om God te vertrou met jou depressie, trauma, verlies, selfskade, persoonlike versteuring, eet versteuring, verhoudings en interpersoonlike probleme, hantering van spanning, lewensverandering, geen lewensgroei, huweliksprobleme, egskeiding, persoonlike groei/ontwikkeling, HIV/AIDS, kroniese siekte/ terminale siekte, verkragting, woede, en familie probleme te hanteer.


Jy gaan leer “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Filipense 4:13 “Die Here ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.” Pslam 145:14-16 “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.” Psalm 147:3


  • Depressie / Angstigheid
  • Trauma
  • Verlies
  • Selfskade
  • Persoonlikeheids versteuring
  • Eet versteuring
  • Verhoudings en interpersoonlike probleme
  • Hantering van spanning
  • Lewens veranderings
  • Geen lewens groei
  • Huweliks berading
  • As jy deur egskeiding gaan
  • Persoonlike groei / ontwikkeling
  • Berading vir HIV/AIDS
  • Terapie vir kroniese siketes / terminaaal siektes / kroniese planne
  • Berading vir verkragting
  • Woede
  • Familie terapie
Voel vry om my te skakel vir enige tariewe.
TOP